Oorgrens suksese geraporteer

'N oorgrens operasie tussen die Suid Afrikaanse polisie asook die van Botswana en Namibie het verskeie suksese gelewer en was op 'n groot aspek van misdaadvoorkoming gemik. Die operasie het op grensposte in die Namakwa en ZF Mgcawu streke voorgekom en van onwettige vuurwapens en amunisie asook vervalste goedere asook wildverwante misdade tot mensehandel beslaan. Agt ongedokumenteerde persone is inhegtenis geneem twee vir die besit van dagga en een omdat hy langer as toegelaat in die land aangebly het. Alle verdagtes gaan in die howe in die streke verskyn terwyl nagenoeg 5 duisend 865 persone en 1 duisend 477 voertuie tydens die operasies deursoek is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media