Watertenk aan skool geskenk

Die Postmasburg gebaseerde maatskapy Myred Trading het 'n JoJo watertenk aan die Postdene Primere Skool geskenk as deel van die ondersteunings netwerk om onderrig uitdagings by die skool te verbeter. Die skool ervaar na bewering gereeld uitdagings met water veral waneer beurtkrag geimplimenteer word. Die direksie van die maatskapy het in 'n persverklaring gesê die tenk is geinstaleer en kan groot volumes water behou wat die tekort en toegang tot veilige gehalte drinkwater aansienlik verander. Andrew Mejanie hoof aan die skool het die gebaar geloof en gesê die water sal die skoolvoedings skema en sanitasie geriewe by die skool bedien.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media