Redstone kragnetwerk toon goeie vordering, bymonde van LUR Vosloo

LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Abraham Vosloo het besoek afgelê aan die die Redstone kragnetwerk en het opgemerk dat die toekoms van volhoubare energie besig is om vorm te neem. Tydens die besoek het LUR Vosloo gesels met die aanleg se hoof uitvoerende offisier, Nandu Bhula en toegewyde ingenieurs wat hul indrukwekkende vordering, huidige syfers en verwagte tydlyn vir die voltooiing van die projek gedeel het. Die LUR het sy tevredenheid te kenne gegee met die toewyding wat getoon word aan alle regerings verpligtinge en voldoenings kriteria wat baie duidelik sigbaar was in die ontwikkeling van die projek. Vosloo sê dat ongeag die terugslae van onvoorsiene uitdagings soos COVID - 19 en die Kwazulu- Natalse vloede, het die Red Stone kragnetwerk groep hul verwagte verpligtinge oorskry. Hy sê toewyding soos getoon is 'n tree nader aan 'n beter, ononderbroke energie toekoms vir die hele Suid Afrika.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media