WEER NUUS

Verskeie weerwaarskuwings vir vandag is uitgereik. ’N Vlak 8-waarskuwing vir erge reën en wind is vir die Wes-Kaap uitgereik. ‘n Geel vlak 4-waarskuwing vir hewige golwe is vir Hondeklipbaai en Strandfontein uitgereik, terwyl Sutherland, Beaufort-Wes, Mosselbaai, Hermanus, Ceres, Lambertsbaai en Laingsburg met ‘n geel vlak 4-waarskuwing erge wind te wagte kan wees. Barkly-Oos word met ’n Oranje Vlak 5-waarskuwing teen hewige sneeu gewaarsku, terwyl Tsolo, Elliot, Maclear en Tarkastad met ’n geel vlak 2-waarskuwing op erge wind voorbereid moet wees. Mense word aangemoedig om die weer dop te hou en versigtig te wees as hulle op die pad is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media