nk beampte bedrogsaak uitgestel

Die bedrogsaak teen die voormalige departementshoof van Sport, Kuns en Kultuur in die Noord-Kaap, is tot 30 Julie uitgestel vir voor-verhoorverrigtinge. Die beskuldigde, Ruth Palm, en haar twee mede-beskuldigdes – die hoofdirekteur van korporatiewe dienste Bonakele Jacobs, en die finansiële hoof Adrian Coleridge – het vanoggend in die Kimberley-landdroshof verskyn, waar hulle aangekla word van bedrog, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met ‘n bedrag van 1-komma-6-miljoen rand wat aan ‘n diensverskaffer betaal is vir ‘n fees op Colesberg. Die fees het egter nooit plaasgevind nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media