Pklerk skuldig

'N voormalige kassier by die Prieska-landdroshof, wat in diens van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling was, is volgens 'n polisie verslag Vrydag deur die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Upington gevonnis. Nomthandazo Mnisi, provinsiale woordvoerder van die Valke, sê die beskuldigde, Kevin Percy Prins 48, het skuld beken op ses aanklagte van bedrog, vyf aanklagte van vervalsing, vyf aanklagte van uitlating en 14 aanklagte van geldwassery. Mnisi sê die beskuldigde het betalings ontvang van persone wat skuldig bevind is en deur die hof gelas is om boetes te betaal tussen 2014 en 2018. Hy het volgens inligting bedrieglike kwitansies uitgereik met die doel om die geld wat ontvang is, te versteek. Mnisi het verduidelik dat die departement ontdek het dat boetes nie betaal is nie en dat aanmaningsbriewe gestuur is aan mense wat nie betaal het nie. Mnisi het bygevoeg die beskuldigde is gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf of 'n boete van R24 000 en 'n verdere twee jaar gevangenisstraf, opgeskort vir 'n tydperk van vyf jaar. Hy is verder beveel om 'n bedrag van R3 407,50 te betaal waaruit hy onbehoorlik voordeel getrek het deur sy onwettige aktiwiteite.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media