Roelf skuldig na lang verhoor

Die Upington-landdroshof het Xavier Roelf tot ses jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy op 5 Julie skuldig bevind is aan die handel in dwelms. Adjudant Offisier Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê die beskuldigde is saam met ander beskuldigdes tydens 'n “Project Dumper”-afhaaloperasie in Februarie 2022 gearresteer. Sy het aangedui dat die beskuldigde op borgtog vrygelaat is. Mnisi sê tydens die verhoor het 'n aantal beskuldigdes skuldig gepleit, terwyl sommige skuldig bevind is as deel van die 'Project Dumper'-ondersoek. Mnisi sê na 'n lang verhoor is Roelf skuldig bevind en tot ses jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die handel in dwelms.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media