Verberging ondersoek geopen

Die Roodepan-polisie ondersoek ’n saak van verberging van geboorte ná die ontdekking van ’n verbrande fetus in die veld naby Leratopar. Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, sê die ontdekking is omstreeks 11:00 Sondag ogend, die 30ste Junie 2024 gemaak deur kinders wat in die veld gespeel het. Kock sê hulle het die verbrande fetus gevind en hul ouers gewaarsku, wat die polisie in kennis gestel het. Kock sê daar word beweer dat 'n onbekende vrou met 'n rooi T-hemp die fetus in die veld verbrand het. Ondersoek in die saak duur voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media