WEER NUUS

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het weerwaarskuwings vir verskeie provinsies uitgereik. ’n Oranje vlak 6-waarskuwing vir erge golwe is vir Cederberg, George, Kaapstad, Hermanus, Knysna, Cape St Francis, Buffalo City en Port St Johns uitgereik. Vir Sutherland, Calvinia en Graaff-Reinet is ’n geel vlak 4-waarskuwing vir erge sneeu gegee. ’n Geel vlak 4-waarskuwing vir erge wind is vir Kimberley, Postmasburg, Bloemfontein, Augrabies, Prieska, Griekwastad, Van Reenen, De Aar, Bohlokong en Hopetown uitgereik.’n Oranje vlak 5-waarskuwing vir erge sneeu geld vir Barkly-Oos en Jamestown, terwyl ’n oranje vlak 6-waarskuwing vir erge winde vir Jansenville en Somerset-Oos uitgereik is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media