Snerpende koue maak sy intrek

'N koue front/middelbreedte-sikloon veroorsak volgens inligting lae atmosferiese druk en sterk winde, wat vandag groot golwe en stormvloede aan Suid-Afrika se wes- en suidoostelike kus tot gevolg het. Die Suid Afrikaanse Nationale Weerdiens sê 'n stormvloed is wanneer seewater bo die geprojekteerde astronomiese getye styg as gevolg van 'n storm of erge weer. Wanneer hierdie toestande tydens hooggety of springgety voorkom, kan die impak op die kuslyn vererger word. Die weerdiens sê oorstromings kom voort langs die Noordkaapse kus ensnerpende koue trek oor die Namakwa. Daarbenewens kan die stelsel se sterk reënval skade aan kusinfrastruktuur veroorsaak en daaglikse roetines onderbreek. Swaar reënbuie en sterk wind maak impak in die Wes-Kaap, en die Provinsiale Rampbestuursentrum (PDMC) het aangekondig dat bykomende kouefronte tot Vrydag, 12 Julie aan land sal val. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media