Nog klagtes na ongeluk

’n 39 jarige verdagte het Dinsdag, die 2de Julie vanjar in die Kimberley-landdroshof verskyn waar hy van die oortreding van die Immigrasiewet aangekla is ná ’n ongeluk in die stad wat tot dusver twee lewens geëis het. Die Zimbabwiese burger sal volgens die polisie 'n bykomende klag in die gesig staar nadat nog 'n 19 jarige meisie volgens inligting, Dinsdag in die hospitaal oorlede is. Die beskuldigde het na bewering 'n ongeluk veroorsaak toe hy Sondag agter in 'n taxi vasgery het wat by 'n rooi robot in Homestead stilgehou het. Die taxi was volgens inligting gevul met PA-lede wat van 'n konvensie in Kathu teruggekeer het.Noord-Kaap Krieket het hul medelye aan die familie van Omphile Jonas (16) gestuur wat in die aanvanklike tref-en-trap-voorval dood is. Hy het die Noord-Kaap in Maart 2024 in die CSA Hub Challenge in George verteenwoordig.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media