Noordkaap polisie unie oor verwagting van nuwe minister

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie se Noordkaapse Sabata Tsabedi het 'n beroep op die nuutaangestelde minister van polisie, Senzo Mchunu, gedoen om streng standpunt teen polisiemoorde in te neem. Sabata het bymeonde van die vakbond se nasionale woordvoerderJabu Mabena die minister versoek om nie met die operasionele aktiwiteite van die polisie in te meng nie, aangesien dit die verantwoordelikheid van die nasionale polisiekommissaris is. Hy het gevra dat die polisiedienswetgewing gewysig word om beslissend met polisiemoorde te handel. SAPU het verder 'n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om polisiemoorde as hoogverraad te verklaar. Tshabedi sê kwessie nommer een is die moorde op polisiebeamptes. Hy wys daarop dat die vakbond deur die jare regeringsadministrasies sien inkom en uitgaan het en met die sewende die beroep op die Minister om te fokus op die verandering van die wetgewing wat sal verseker dat geregtigheid geskied. SAPU sê hulle wil wette hê wat 'n voorbeeld vir ander sal stel om die moorde te stop, want vandag word die oortreders in hegtenis geneem net om weer op borgtog vrygelaat te.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media