Kai garib onder skoot

Die Kai Garib munisipaleteit het onlangs onderskoot gekom na bewerings deur die plaaslike sosiale media beinvloeder Igshaan Sulliman dat hulle nie daarin kan slaag om salarise betyds te kan betaal nie asook dat pensioen betalings langer as twee jaar agterstallig is insluitend wanbetaling van pensioene sedert 2014. Bewerings dat raadseiendom in besit van sogenaamde kaders is terwyl senior bestuur glo nie gekwalifiseer is vir die poste waarin hulle sit nie word ook gemaak. Bewering van die Suid Afrikaanse inkomstediens wat nie betaal word nie is slegs die oortjie van die seekoei. Die munisipaleteit het op navraag op die bewerings aangedui dat hulle binnekort hierop gaan reageer.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media