Koue maak aankoms

Die Suid­-Afrikaanse Weerdiens het sneeu vir verskeie dele van Suid-Afrika voorspel. ’n Koue front, wat die temperatuur onder 0 grade celcius sal laat daal, is ook op pad. Die weerdiens sê die koue front en sneeu sal van vandag af begin. Sneeu word in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap en Lesotho verwag. Daar is ook ’n geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën en sterk winde vir die Wes-Kaap uitgereik. 2/19 grade vandag in Upington, 2/17 in Prieska, 0/19 in Kuruman en mis weer in Springbok met 'n minimum van 6 en 'n maximum van 17 grade celcius.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media