Vrou geskiet

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek die moord op die 38-jarige Mathebe Assegaai, wat na bewering Saterdag in die vroeë oggendure by haar huis in John Daka, Galeshewe, doodgeskiet is. Volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, het die voorval omstreeks 02:00 ontvou terwyl Assegaai gereed gemaak het om na werk by Keipoletse Begrafnisdienste te vertrek. Kock sê terwyl sy op haar vervoer by haar voorhek gewag het, is sy in die kop geskiet deur 'n onbekende aanvaller wat 'n klapmus gedra het. Kock sê die verdagte het onmiddellik ná die skietery van die toneel gevlug. Getuies het berig Assegaai se kollegas het in die maatskappy se voertuig gesit en wag dat sy by hulle aansluit toe die voorval plaasgevind het. Kock het gesê geen arrestasies is nog gemaak nie. Enigiemand met inligting oor hierdie saak word versoek om die polisie te kontak.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media