Santaco verwelkom brandstofdaling

Die prys van brandstof sal na verwagtig om middernag vanaand aansienlik daal. Die nuwe departement van Minerale en Petroleum Bronne sê die daling vir Julie, sal egter eers môre in werking tree, in plaas van – soos gewoonlik – op die eerste Woensdag van die maand. Berigte dui darop dat die laer brandstofpryse is hoofsaaklik weens ‘n daling in die ruolieprys asook ‘n sterker rand – in die tydperk onder hersiening. Daar kan verwag word dat 93-Oktaan petrol sal van môre af 1-rand-5-sent per liter minder kos, 95-oktaan is 99 sent ‘n liter goedkoper, en die prys van diesel daal met tussen 24- en 30-sent ‘n liter. Paraffien sal 18-sent per liter goedkoper wees en gas daal met 22-sent per kilogram. Die Upingtonse santaco taxi vereniging se Vernon Oor het die daling verlwekom en gesê in 'n bedryf waar daar soveel uitdagings daagliks ervaar word betekin dit dat die eienaars steeds instaat is om hulle personeel te betaal asook dienste vir hulle voertuie te kan betaal

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media