Weer waarskuwing

Die onafhanklike landbou weerkundige Johan van Den Berg sê toestande oor die winterreenstreek gaan naverwagting droog wees tot Saterdag waarna reen sporadies vir die streek voorspel word. Die neerslae wat voorspel word gaan naverwagting in die kaapse provinsies wat die Noordkaap insluit voorkom. Van den Berg sê op die langtermyn is die kans gunstig vir winterreen. Hy waarsku ook dat die weerstelsels tans vinnig verander en dat dit belangrik is vir veral boere om die weervoorspelling op die korttermyn fyn dop te hou. Hy sê egter verder dat nagtelike temperature in die sentrale en suidoostelike binneland onder vriespunt gaan draai wat snerpende koue tot gevolg gaan he met 'n waarskuwing vir veral kleinvee boere in die Noordkaap en Vrystaat om beskutting vir hulle diere teen die koue te verseker.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media