Man swaar vir aanranding gestraf

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens sê 'n man van Calvinia in die Boesmanland is tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy aan die aanranding van sy 11jarige dogter skuldig gevind is. Polisie woortvoerder luitenant kolonel Sergio Kock sê die 46 jarige man het sy dogter met 'n stok aangerand. Hy sê die Suid Afrikaanse Polisie Diens verwelkom die vonnis en moedig inwoners aan om nie die reg in eie hande te neem nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media