Koper diewe vas

Die Wrenchville polisie het op koperkabels ter waarde van meer as 100duisend rand beslag gelê en drie verdagtes tydens 'n stop en ry operasie inhegtenis geneem. Die kabels is in 'n tata trok en nissan bakkie waarop beslag gelê is gekry. Kolonel Cherelle Ehlers van die polisie sê in 'n verklaring dat die mans binnekort in die hof gaan verskyn onderwyl die ondersoek teen hulle voortduur.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media