Kuruman bedrog saak duur voort.

'n man van Kuruman in die Noord-Kaap moet weer op 16 Augustus in die hof verskyn nadat hy Dinsdag 26 Junie vlugtig voorgekom het. Noordkaapse polisie woortvoeder Nomthandazo Mnisi sê Otsile Shadrack Gaegoroge is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die beskuldigde is Maandag in hegtenis geneem as ’n medepligtige in ’n voortslepende bedrog-en-korrupsiesaak. 'N voormalige kaptein verbonde aan die Valke, Itumeleng Godfrey Nogaga  het na bewering in 2021 ’n informant sê eis vir ’n beloning van R100 000 ingedien.Mnisi sê die polisie se eiskomitee het ’n betaling van R80 000 aan die informant goedgekeur. Die geld is volgens die polisie egter nie in die informant se rekening inbetaal nie, maar in Nogaga sin. Die beskuldigde het glo versuim om die volle bedrag van R80 000 aan die informant te betaal. Die beskuldigde het glo net R5 000 betaal, asook R5 000 aan ’n polisiesersant van Kuruman. Die verdagte het na bewering die res van die geld vir homself gehou. Mnisi sê ná deeglike ondersoek is sers. Morongonyane Kenny Tshilo ook as medepligtige aangekeer en saam met die hoofbeskuldigde aangekla.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media