Saul ontken beskerming van orania

Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, het bewerings weerlê dat daar 'n besluit is wat deur die African National Congress  provinsiaal geneem is om die Afrikanernasionalistiese dorp Orania te beskerm. Saul het op die kantlyn gepraat ná sy intreerede in die wetgewer. Saul sê in hul verbintenisse met verskillende politieke partye, met die Vryheidsfront Plus wat met twee konsepdokumente kom. Een fokus op die formulering of grondwet van die provinsiale regering en die tweede dokument handel oor die status en toekomstige verwikkelinge in Orania. Hy sê dit is net besprekingsdokumente en nie besluite nie. Saul sê sy party is van mening dat sommige van die dinge wat hulle voorstel in die eerste dokument oor die grondwet van die provinsiale regering, Vryheidsfront plus, redelik beskeie is en dit redelik is en dat hulle gaan seker maak dat daardie dinge gebeur. Een van daardie dinge is dat hul enkele lid van die provinsiale regering die voorsitter van die portefeuljekomitee oor CoGHSTA word. saul se egter die tweede dokument opper 'n hele klomp kwessies en hulle het die dokument na die nasionale onderhandelingspan geneem. Dit het 'n voorlopige antwoord op daardie dokument wat ons met vF Plus gedeel het en dat die anc geen besluit in Noord-Kaap geneem het om Orania te beskerm nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media