Donkerte bedreig Sol Plaatje

Sol Plaatje Munisipaliteit in die Noord-Kaap word meer as R3 miljard se tariewe en belasting deur inwoners, besighede en staatsdepartemente in Kimberley en Ritchie geskuld. Die munisipaliteit het oor die naweek elektrisiteitsmeters van skuldbeskuldigde inwoners geblokkeer, 'n besluit wat sedertdien herroep is na dreigemente van geweld. Inwoners rondom Kimberley en Ritchie skuld na bewering die munisipaliteit altesaam R2,3 miljard. Dit is vir tariewe wat elektrisiteit, water, vullis en sanitasie insluit. Die munisipaliteit sê hy het al voorheen probeer om inwoners aan te moedig om te betaal deur middel van programme soos skuldverligting sonder sukses. Dit sê dit is nou onder druk om gelde terug te vorder. die woordvoerder vir sol plaatje thabo mothibi se die munisipaleteit het verpligtinge teenoor eskom en ander verskaffers wat weens wanbetaling nie na gekom kan word nie en so die publiek van dienste se lewer ontneem. mothibi se die munisipaleteit staar n algehele donkerte in die gesig sou eskom besluit om die toevoer na die stad af te sny

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media