DA spyt oor regering van provinsiale eenheid

DIE Demokratiese aliansie het sy teleurstelling uitgespreek oor die versuim van die ANC om ’n regering van provinsiale eenheid in die Noord-Kaap te vorm. Die ANC, wat 'n bykomende setel in die provinsiale wetgewer nodig het om 'n meerderheid in die huidige wetgewer met 15 setels elk vir die ANC en opposisiepartye te verseker, het verkies om eerder 'n werksverhouding met die VF+ te vorm Harold McGluwa, DA-provinsiale leier, het gesê die party sal hul rol as die hoofopposisie in die provinsiale wetgewer opneem. McGluwa sê aangesien die ANC 'n enkele setel kort van 'n totale meerderheid was, het hulle gekies om die opsie van 'n regering van provinsiale eenheid  in die provinsie uit te kanselleer, en verkies om eerder met 'n kleiner party te werk deur middel van die Vryheidsfront Plus om hulle oor die lyn te kry. Hy het bygevoeg die DA is ten gunste daarvan is om 'n GPU te vorm

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media