Sapd bereik sukses

Dwelms ter waarde van meer as tien duisend rand is volgens inligting tydens 'n operasie deur die Suid Afrikaanse Polisie by Marydale gekonfiskeer. Die polisie het na bewering 'n 35 jarige man inhegtenis geneem. Die polisie sê tydens die operasie is tuisgemaakte brousels by twee verskillende huishoudings gekonfiskeer en boetes van vier honderd rand uitgereik. Luitenant kolonel Sergio Kock van die polisie sê die dwelm verdagte 'n nigeriese man sal op klagtes van die onwettige besit en handel in dwelms tereg staan. Hy sê die polisie sal onverpoos voortgaan met optredes teen onwettige aktiwiteite in 'n poging om gemeenskappe dwelmvry te kry.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media