Dwelm verdagte inhegtenis geneem

Die Witdraai polisie het 'n man inhegtenis geneem na dwelms in 'n taxi gekry is. Die polisie sê hulle het inligting opgevolg en die voertuig afgetrek en op 83 mandrax tablette met 'n geraamde straatwaarde van minstens 8 duisend rand beslag gelê. Die polisie sê 'n 32 jarige verdagte gaan op handel in dwelm klagtes in die hof verksyn. Dagga met 'n straatwaarde van meer as 15 duisend rand is na bewering ook tydens die optrede verlate gevind. Ondersoek word gelas na die oorsprong van die dagga.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media