Drie vasgetrek vir vermoedelik gesteelde koperkabels

Drie verdagtes sal na verwagting in die hof verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is omdat hulle in besit was van vermoedelik gesteelde koperkabels ter waarde van meer as R100 000. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder sê die drie verdagtes is vasgetrek toe die polisie 'n stop-en-soek-klopjag by 'n stortingsterrein in Wrenchville naby Kuruman in die Noord-Kaap uitgevoer het. Volgens Ehlers is hulle gevang terwyl hulle die koper kabels in ‘n vragmotor gelaai het en  beslag is toe daarop gelê . Sy sê beslag is ook gelê op 'n Tata-vragmotor en 'n Nissan-bakkie, wat vermoedelik in die pleging van 'n misdaad gebruik is.  Die ondersoek duur voort.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media