Die Assosiasie vir persone met gestremdhed (APD ) in
Upington vier vanjaar die sentrum se dertigste bestaansjaar . Die vieringe het
dus die APD span baie bedrywig wat ondermeer afgeskop het met ‘n terapetiese
uitstappie, vanaand se spitbraai aangeleentheid met stigter van die sentrum
Monica Gerhard aan stuur en die rolstol rugby toernooi wat more van staple gestuur sal word. Elmari
Hoft, area-direkteur vir APD sê alles is
in plek vir die laasgenoemde. Volgens die APD
is hul visie om strukture daar te stel wat kan lei tot onafhanklikheid
van die persone met gestremdhede. Dienste wat die sentrum bied sluit ondermeer
in voorkoming, behandeling, ondersteuning en statutêre dienste.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com