50 miljoen terug na tesourie

Die Suid Afrikaanse Plaaslike Regerings Asosiasie SALGA ontmoet met die Sol Plaatje munisipaleteit om kwessies soos dienslewering te bespreek. SALGA sê in 'n verklaring dat dienslewerings uitdagings in munisipaleteite aangespreek moet word daarom die gereelde gesprekvoering met munisipaleteite om te verseker dat dienslewering geprioritiseer word. Die areas wat by die gesprek tussen SALGA en die Sol Plaatje municipalities ter tafel gelê word is die water voorsienings vermoe asook sanitasie bestuur en die voorsiening van elektrisiteit onder andere. Die Sol Plaatje munisipaleteit het skokgolwe deur die inwoners gestuur nadat dit aan die lig gekom het dat hulle 50 miljoen rand aan die tesourie teruggee het omdat hulle nie 'n geskikte kontrakteur kon aanstel om die verouderde waternetwerk op te kan gradeer nie. Die munisipaleteit het na bewering 'n miljoen randse hupstoot van die tesourie gekry om sy verouderde waternetwerk te herstel wat inwoners weens die verouderde sisteem soms weke sonder water laat. Dibandlela Nkume vir SALGA sê 'n nasionale delegasie sal saam met die span van die Noordkaap aan die gesprekke deelneem.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media