Kheis municipalitiet moedig inwoners aan om water te kook vir menslike gebruik

Inwoners in die Kheis munisipale regsgebied word aangemoedig om water te kook voordat dit vir menslike gebruik aangewend word. Die Kheis munisipaleteit wat reeds lank terug bankrotskap verklaar het sê die oproep kom weens 'n tekort aan chemikalee vir watersuiwerings doeleindes wat deur die munisipaleteit se swak finansieele staat vererger word. Die munisipaleteit sê 'n agterstallige rekening veroorsaak die probleem maar dat konsultasie tans met die verskaffer onderweg is om 'n moontlike oplossing te kry sodat die watergehalte kan verseker word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media