Isaacs se mans moet hulp soek

Kenners doen 'n beroep op mans om vir siektes gekeur te word, aangesien die land Mansgesondheidsmaand hierdie Junie waarneem. Volgens die regering ervaar Suid-Afrikaanse mans 'n groter deel van die totale dodelike en nie-dodelike las van siekte, sterf op 'n jonger ouderdom as vroue en meer dikwels aan voorkombare oorsake. Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, dr. Mvuyisi Mzukwa, sê daar is steeds 'n neiging dat mans nie mediese hulp soek nie, selfs wanneer dit nodig is. In die ZF Mgcawu streek meen George Isaacs plaaslike mediese dokter dat mans hulleself moet aanleer om weg te doen met die ego en mediese hulp waar nodig soek voor dit te laat is. Isaacs sê die gesegde dat seuns nie huil nie het 'n vashou in die manlike bestaan gekry wat noodlottig kan wees veral waar mediese hulp nie gesoek word waneer nodig nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media