ANC ontken koalisie met VF Plus

Die ANC in die Noord-Kaap het bewerings ontken dat die party‘n koalisieregering met die Vryheidsfront Plus gevorm het nadat hy nie in die afgelope verkiesing ‘n volstrekte meerderheid gekry het nie. Die party erken egter dat hy n goeie verhouding met die VF-Plus het. Die anc sê in ‘n verklaring die provinsie sal deur ‘n ANC-regering gelei word en dat hulle met geen ander party ‘n koalisie gevorm nie. Volgens die verklaring het hy egter wel met die VF-Plus ooreengekom om die voorsitterskap van die portefeuljekomitee van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake te kry. Dit baan volgens die ANC egter hoegenaamd nie die weg vir die hersiening van Orania se status nie. Die ANC sê hy bestudeer intussen die lys eise wat die VF-Plus aan hom voorgelê het.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media