Raad en taxies byeen

Die Dawid Kruiper munisipaleteit het met die plaaslike taxi bedryf ontmoet waar verskeie uitdagings wat insluit higiene en die veiligheid van die verbruikers asook die roof taxie kopseer ter tafel gele is. Die munisipaleteit sê opruimings diens is reeds by die staanplek begin terwyl die openbare toilette ook herstel gaan word. Spesiale persone in die vorm van 'n soogenaamde rank marshall sal aangestel word om te help om orde en ophoping van veral taxies by die staanplek te verhoed en te handaaf. Die munisipaleteit se woordvoerder Patrick Williams sê padmerke gaan aangebring word en slaggate herstel word om die staanplek vriendelik vir verbruikers en taxi personeel te maak. Hy sê ander sake wat van belang is gaan by die komende taxi indaba bespreek word. Williams sê misdadigheid by die staanplek gaan met wortel en tak uitgeroei word terwyl die diens verantwoordelik gaan wees om die padwaardigheid van hulle voertuie en die veiligheid van die verbruikers te verseker.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media