Operasoe Shanela sukses

242 verdagtes is in die Noordkaap inhegtenis geneem tydens Operasie Shanela. Die polisie sê 130 van die 242 was deur verskeie speurtakke regoor die provinsie gesoek op aanklagte wat wissel van handel in dwelms asook huisbraak en diefstal insluitend moord verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die operasie het volgens Kolonel Cherelle Ehlers besoeke aan plase in die Frances Baard en Pixley Ka Seme strekke ingesluit. Ehlers sê bewusmaking rondom misdaad was van stapel gestuur met verskeie besoeke aan skolle asook die sluiting van minstens vyf onwettige drankhandelaars.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media