Die liggam van 'n onbekende man is in Kimberley ontdek

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens in die Noordkaapse hoofstad Kimberley het die hulp van die publiek gevra in 'n ondersoek na die liggaam van 'n onbekende man by die Craven straat taxie staanplek aangetref is. Die oorledene word in sy dertigs geskat en het volgens die polisie 'n blou sweetpak broek asook Cavella skoene met groen en rooi beenie aangehad. Die oorsaak na die man se dood word tans ondersoek. Sersant Timothy Sam sê enige inligting wat kan help met die saak sal vertroulik hanteer word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media