Aanvallers vandag voor hof

Twee verdagtes sal na verwagting vandag in die hof op Barkely-Oos verskyn in verband met ‘n plaasaanval in die omgewing. Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Die polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, sê die 69-jarige slagoffer is op pad na ‘n buitekamer oorval en in die nek gesteek. Die man het volgens die polisie daarin geslaag om weer in die huis te kom en sy seun te kontak wat hom hospitaal toe geneem het. Naidu sê die moontlikheid word ondersoek dat die twee verdagtes met ander misdade in die omgewing verbind kan word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media