Beamptes inhegtenis

Twee polisiebeamptes in die Noord-Kaap is in hegtenis geneem vir die diefstal van vuurwapens en ammunisie. Volgens 'n verklaring was die beamptes by die Petrusville polisiestasie gestasioneer. Die Valke, Misdaadinligting en die hoofweg patrollie-eenheid het saamgewerk om die twee vas te trek. Hulle sal vandag in die Phillipstown landdroshof verskyn.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media