Ondersteening bring hoop

Die tweede fase van Kathu Solar Park se skoolondersteuningsprogram is suksesvol voltooi, met meer as 400 jong leerders oor 10 skole in die JTG Distriksmunisipaliteit wat bevoordeel is. Die inisiatief, wat in samewerking met die Departement van Onderwys gedoen is, het noodsaaklike skoolbenodigdhede, insluitend skoene en rugsakke, aan leerders verskaf. Plaaslike skoolhoofde het die program toegejuig en dit geprys omdat hulle leerders regoor die distrik toegerus het met die nodige hulpbronne vir die huidige skooljaar. Die inisiatief, wat vroeër vanjaar deur Kathu Solar Park geïnisieer is, met ondersteuning van belanghebbendes soos die Sishen Iron Ore Company-Community Development Trust (SIOC-CDT), het voorsien in die onmiddellike materiële behoeftes van leerders ter ondersteuning van onderwys in die streek. Die keuring van die skole is in vennootskap met die streeksdepartement van Onderwys gedoen en was gebaseer op die noodsaaklikheid om 40 van elke skool se leerders wat die meeste hulp benodig te identifiseer en by te staan. Die hoof van die Laerskool Baithaopi, Senatla Bodike, het die indrukwekkende impak van die inisiatief gedeel.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media