Kospakkies aan verskeie instansies

Die Richtersveld munisipaliteit in vennootskap met die Gift of the Givers, Departement Sport, Kuns en Kultuur en die Namakwa Distrik munisipaliteit het vroeer vandees week kos pakkies oorhandig aan Peaceful Place Kuboes, Sanddrift Sop Kombuis and Matthys Voedsel Hulp. Die oorhandiging is ten doel om ondermeer voedsel tekorte aan te spreek en die instansies hulp te bied in hul doelwitte om maaltye te voorsien aan behoeftiges. Na aanleiding van inligting is die oorhandiging van kospakkies in reaksie op die hongerkrisis wat deur talle gesinne ervaar word. Die Gift of the Givers het egter geredelik erkenning gegee dat hierdie reaksie nie 'n volhoubare langtermynoplossing is nie, maar 'n baie noodsaaklike een om onmiddellike lyding te verlig. Die organisasie se in die afwesigheid van 'n lewensvatbare alternatief, kan die voorsiening van 'n kospakkie lewensreddend wees.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media