Eskom oor beurtkrag

Die kragverskaffer Eskom het aangekondig dat beurtkrag na verwagting eers in September ingestel kan word. Eskom sê kritisie wat vrees aanja in gemeenskappe met valse nuus oor die omstandighede by die kragverskaffer is onverantwoordelik en het inwoners aangemoedig om nie enige inligting te glo veral die wat op sosiale media deur gesiglose mense met verskuilde agendas versprei word nie. Blok nege in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied was gister van vroeg die oggend tot laat nag in donker gehul as gevolg van 'n beweerde kabel fout. Die Dawid Kruiper plaaslike municipaliteit sê tegniese spanne van beide die munisipaleteit en eskom het om die beurt gewerk om foutsporing te bewerkstellig en herstelwerk te doen. Eskom sê hulle sal die publiek gedurigdeur op hoogte hou van die stand van sake met betreking tot beurtkrag. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media