Namakhoi herstel pyp

Die Nama-Khoi munisipaliteit in Springbok se die onlangse rioolpyp verstopping wat in die sentrale sakekern ervaar was en grootskaalse ongemak veroorsaak het vir inwoners is iets van die verlede. Die munisipaleteit het op ‘n lekasie gereageer wat gelei het daartoe dat die betrokke rioolpyp uitgegrawe moes word en heeltemal vervang moes word. Werkers is tans besig om die sypaadjie gedeelte waar die opgrawe gedoen is te herstel waarna dit weer vir die publiek oopgestel gaan word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media