Kinders sterf in brand

Drie kinders het na bewering die afgelope naweek hulle lewens in 'n vuur by 'n woning in Soebatsfontein in die Namakwa streek verloor. Volgens 'n polisie verklaring, ondersoek die Hondeklipbaai polisie tans die voorval. Polisie woortvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, sê die brand het Saterdagoggend omstreeks 07:00 by die koshuis uitgebreek. Syt sê met aankoms op die toneel het die polisie 'n 25-jarige vrou buite die koshuis gevind wat aan brandwonde gely het. Ehlers sê die vrou se toestand is tans onbekend. Sy sê drie kinders is dood in 'n slaapkamer gevind. Die slagoffers is volgens Ehlers twee meisies, albei agt jaar oud, en 'n tweejarige seuntjie. Die identiteite van die slagoffers is nie in hierdie stadium bekend gemaak nie. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media