Provinciale verbruikers raad deel kommer oor vervalde en vervalste produkte

Die verbruikersraad van die Noordkaap se John Speek maan inwoners om op die uitkyk te wees vir vervalde en vervalste produkte regoor die spektrum. Dit volg na 'n toename in vervalde produkte weer in verskillende dorpe in die provinsie sy kop uitgesteek het. Speek sê wetgewing maak die verkoop van vervalde en vervalste produkte onwettig en dit hou 'n gesondheid en algemene veikligheids risiko vir inwoners in. Hy sê die gebeure se voortgaan ondanks verskeie operasies en oproepe deur die regering aan die persone en instansies om daarmee weg te doen wek groot kommer veral omdat dit blyk dat diegene wie hulle hieraan skuldig maak geen respek vir die wetgewing van die land te he nie. Hy sê mense moet seker maak van produkte voordat hulle dit aankoop en waar ontraad dit raporteer by die gesondheids en wetstoepasings owerhede. Speek sê hulle besoek verskeie dorpe regoor die provinsie waar hulle die probleem aanspreek.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media