vf plus se oor posisies

Die Vryheidsfront Plus in die Noord-Kaap sê hulle het nie noodwendig hul oog op leierskapsposisies in die provinsiale wetgewer nie. Die party sê sy doelwit is om ‘n koalisie, wat uit die MK-party, die ANC en die EFF bestaan, te verhoed. Die Vryheidsfront Plus het een setel in die provinsiale wetgewer.Die president van Namibië, Nangolo Mbumba, het Suid-Afrika gelukgewens met ‘n vreedsame verkiesing. Die ANC, wat vir die eerste keer in drie dekades sy volstrekte meerderheid in die parlement verloor het, het sterk bande met die regerende SWAPO-party in Namibië. Dié land se burgers gaan ook later vanjaar stembus toe. Mbumba sê demokrasie gaan oor groei en die ontwikkeling van ‘n land.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media