Gamagara Burgemeester Vra Vir Samehorigheid

Die burgemeester van die Gamagara munisipale gebied, Johannes Roman, het 'n beroep op inwoners gedoen om gedurende die matriekeksamen die nodige ondersteuning aan leerders te bied. Roman sê die klas van 2024 moet alles moontlik doen om hulself vir 'n beter toekoms te posisioneer deur genoegsaam te leer en verantwoordelik te ontspan gedurende die eksamenperiode. Hy sê huishoudings moet enige potensiële druksituasies vir leerders gedurende die eksamen vermy en seker maak dat 'n gunstige omgewing geskep word vir diegene wat met die eindeksamen besig is.


Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media