hawens se kwaliteit gemeet

Terwyl die Suid Afrikaanse hawe owerheid saam met verskeie vennote en die Noord Kaapse regering reeds hulle planne vir die ontwikkeling van die hawens aan die noord kaapse kus ter tafel gelê het en die Boegoebaai projek binnekort aanvangs moet neem, is twee van Suid Afrika se besigste hawens, Durban en Kaapstad,  van die onderste 10 van die swakste presterende hawens in die wêreld, met laasgenoemde die laagste van die 405 wat deur die Wêreldbank ondersoek is gerang. Die Wêreldbank se houer hawe prestasie-indeks beoordeel doeltreffendheid en fokus op die duur van hawe verblyf vir houerskepe. Die resultate toon dat SA se hawens almal aan die onderkant gewortel was gemeet aan hul 2023-prestasie. Die aankondiging beteken dat die owerheid en die regering indringend aandag gaan moet gee aan die hawens en die opgradering daarvan in 'n poging om 'n potensiele uittog van skepe van die hawens elders anders en selfs in die buiteland te vermy.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media