KANSA herdenk "International Cancer Survivors’ " month

In Junie, as deel van Internasionale Kanker Oorlewendes-maand, vier die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) alle kankeroorwinnaars en salueer hul deursettingsvermoë. Geraldine Farmer, Gemeenskapdiens Koordineerder vir KANSA in Springok sê besoeke sal gebring word aan die die Harry Surtie hospitaal se Onkologie eenheid, waar ook kanker pasiënte van die Namaqua gediens word. Farmer sê dit is ‘n gulde geleentheid om op hierdie wyse pasiënt ondersteuning toe te sê.  Sy meen die viering van die maand is uiters belangrik vir die Vereeniging want dit bied geleentheid om aan kanker pasiëte te wys dat hulle nie die kanker reis alleen stap nie. Sy sê ook met die pasiëntsorg en ondersteuning is dit die organisasie se missie om beradingsgroepe te het om pasiente en familielede van Kanker pasiënte te ondersteun. Volgens Farmer verskaf die organisasie ondermeer gebreide borsprosteses aan mastektomie pasiente, verhuring en leen van mediese toerusting bv rolstoele, looprame, eierdopmatrasse, bedpanne en  ook doeke en voedingsaanvullings teen bekostifbare pryse.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media