sandf na sleutelpunte ontplooi/relevante persoon

Die SA Nasionale Weermag het 90 gepantserde en nie-gepantserde personeeldraers gemobiliseer na 21 SA Infanteriebataljon in Lenasia, Johannesburg, vanwaar hulle ontplooi sal word om strategiese nasionale sleutelpunte te beveilig.Volgens die bevel wat deur die weermag uitgereik is, sou gekwalifiseerde Samil 50-voertuigbestuurders asook vir Casspir- en Mamba-pantservoertuie vandeesweek by die Combat Training Centre by Lohatlha in die Noord-Kaap aanmeld. Al die weermag se vernaamste gevegstoerusting en voertuie word by die sentrum gestoor.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media