'n 52-jarige man tot 28 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy 17-jarige niggie.

Die Williston-streekhof in Noord-Kaap het 'n 52-jarige man tot 28 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy 17-jarige niggie. Die man het verlede jaar die tienermeisie verkrag toe hy haar na sy huis genooi het nadat sy by haar vriendin gekuier het. Volgens die polisie het die oom het haar ná die voorval met ’n mes gedreig.Polisiewoordvoerder, Timothy Sam, sê sy vonnis is vir ses jaar opgeskort en sy naam sal in die Nasionale Register vir Seksoortreders aangeteken word. Na aanleidng van inligting is die beskuldigde as onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media