Aansoeke vir befondsing en ondersteuning oop vir boere gemeenskap

Die Departement Landbou, Omgewingsake, Landelike ontwikkeling en Grondhervorming het boere in die ZF Mgcawu-distrik versoek om plaaslike kantore van die departement te besoek om meer inligting te kry oor hoe om toegang te verkry tot die Omvattende Landbou-ondersteuningsprogram en die Llima/Letsema-toelaag vir die 2025/26-boekjaar. Die doelwitte van die programme is om te help met die ontwikkeling van infrastruktuur, marktoegang, opleiding, volhoubare praktyke en voedselsekerheid. Volgens die departement  beoog hulle ook om befondsing vir landbou-insette en hulpbronne te verskaf en projekte te ondersteun wat daarop gemik is om onderskeidelik vee- en gewasproduksie te verhoog. Die departement verklaar dat die hoogste prioriteit aan kleinboere, opkomende boere, boere kooperasies en swart kommersiële boere toegeken sal word. Die departement sê  hulle wag op aansoeke van kwalifiserende boeregroepe na aanloop tot die sluitingsdatum op 30 Junie 2024.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media