anc maak premiers lyste beskikbaar

Berigte dui darop dat die ANC waarskynlik vroulike premiers sal aanstel in die drie provinsies waar die party 'n aansienlike klomp stemme in die 2024 provinsiale verkiesing gekry het. In Limpopo is Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid, boaan die lys van premierskandidate, terwyl Refilwe Mtsweni-Tsipane waarskynlik 'n terugkeer as Mpumalanga-premier sal maak. Noordwes stel Lizzy Mokua en  Susan Dantjie in die veld. Panyaza Lesufi is as die party se kandidaat in Gauteng voorgehou, met Oscar Mabuyane, Mxolisi Dukwane en Zamani Saul wat boaan die lyste in die Oos-Kaap, Wes-Kaap en die Noord-Kaap was. Provinsiale uitvoerende komitees het hul lyste van premierkandidate aan die ANC se nasionale amptenare oorhandig vir onderhoude en keuring. Vir die Noord Kaap is die voorgestelde kandidate Dr. Zamani Saul, Fufe Makatong en Limakatso Koloi wie die voormalige burgemeester van die Dawid Kruiper plaaslike municipaliteit was. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media